1233968_166765590184657_341571336_n580292_166765790184637_1195956338_n

Ek kry baie navrae van mense wat kla dat hulle die Afrikamasutra nerens in die winkels te koop kry nie. Exclusives het van tyd tot tyd, maar dit verkoop redelik vinnig uit. Jy kan dit ook direk by Unisa bestel. Stuur net ‘n epos aan thearl@unisa.ac.za.

Maar ons het ook besluit om eerskomende Saterdag en Sondag ‘n lekker Sutra-kuier in Cullinan te hou. Daar sal heelwat eksemplare te kry wees. So as jy op soek is na die ideale Vaaltyngeskenk, kom maak gerus ‘n draai.

Dis op Saterdag 7 en Sondag 8 Februarie, van 9:00 – 16:00 by die pikante Once Upon a Time Bookshop, in Cullinan se hoofstraat. Oaklaan 105 om presies te wees. Dis reg oorkant Harries Pancakes. Esther van Staden spesialiseer in 2e handse boeke en die winkeltjie laat mens dink aan iets uit vergange se dae. Daar is ‘n groot Chesterfield Bank om jou op op te krul en tyd saam met goeie leesstof te spandeer.

So, kom maak gerus ‘n draai. As jy klaar by ons gekuier het en die hongerpyne knaag, kan jy verder straataf drentel en by een van die vele teetuine en restaurante gaan lafenis soek. Daar is werklik iets vir elke smaak.

Loop sommer in by Art On Silver waar ‘n groot groepsuitstalling met blomme as tema te siene is. Daar hang van my werke ook daar.

Sien jou op Cullinan volgende naweek!

Met my Pronkperd voor jou deur!

Blog julle nog hier? Wie is nog hier? Is hier nog trolle om te faait?

Ek gaan nog sterk aan. Die Afrikamasutra loop, hoor! As jy ‘n kopie soek, kom kuier gerus vir my op cullinan die 7e februarie, dan kry jy jou getekende eksemplaar. Ek sal later n gedetailleerde uitnodiging post

En gaan kyk na my aanlyn uitstalling. Dis nog aan tot die einde van februarie

For those of you who are not in Pretoria, my exhibition can now be visited online, running until 28 February 2015. Please click on the link below and have a look!

Grande Old Mother Goddess with fluffy pet

 

http://www.art.co.za/arthop/marna001.html

20141113_083025-1_resized

Ek is klaar met my Elvis. Ek het nou al 2 blokkies klaar. Nog net 8 oor! Die akriel en hout raak vir my meer en meer aanvaarbaar, ek begin nou selfs heel geinspireerd raak om dit verder te vat. Deesdaae is daar allerhande metalic en glitter akriel verwe op die mark, iets wat my kisch ou sielietjie sommer laat sing. Julle kan dit ongelukkig nie mooi op die foto sien nie, maar Elvis se baadjie het so ‘n glitterlaag oor. Ek moet net byvoeg dat sy baadjie geinspireer is deur Bles Bridges!

Sy jewelery is silwer.

Ek is nou besig met ‘n swartwit storieboekie oor ‘n mensvreter. Wat die arme kindertjies wil kom vang. So hulle is baie bang…

 

Ek is mal oor bangmaakstoeries. En mensvreterstories. Onthou julle nie ook die delicious horror van ‘n goeie mensvreterstorie uit julle kleintyd nie? Ek dink daar was heelwat Parental Politics agter die tipe van stories. hulle is is uitgedink om kinders uit gevaarlike plekke te hou, nie waar nie!

 

 

 

 

 

 

Selfs die hoenders kyk senuweeagtig om hulle rond

Die probleem met mensvreters is dat hulle ewe veel van hoendervleis hou as van ‘n sappige kind. Die hoenders het rede om bang te wees.

Ek gaan nou nie vir julle wys hoe lyk my mensvreter nie. Julle moet maar raai.

    Ek het my nou in ‘n ding begewe. Ek werk op die oomblik aan 10 van hierdie portretjies vir ‘n uitstalling by die Liebrecht Gallery in Somerset Wes, in Desember.

Ek het bitter lanklaas op enige iets as papier gewerk, so ek stoei met die hout agtergrond. Na 3 lae pva, en bietjie skuurwerk was ek tevrede met die oppervlak, maar dit is ‘n moeilike grond om aan gewoond te raak as mens weet hoe absorberend papier is en hoe dit jou verf akkomodeer. Verder moes ek weer aan akrielverf gewoondraak, terwyl my gunstelingmedium maar gouache bly. Akriel word vinnig droog en as dit droog is, is dit watervas, so jy kan dit nie na die tyd regskrop en brouwerk op die manier verdoesel nie.

So, hier is dan my eerste probeerslag, die Portret van ‘n Wyse Aap. Die tema is ‘n Duisend en een nagte in afrika in portrette. Ek gaan nou nog vir Modadji, ‘n Mutiman en nog ‘n klomp ander afrika wesens skilder. Vir Elvis ook. Ek hoor hy word gereeld hier anderkant Boksburg gewaar, so, as ek hom skilder, bly ek darem nog binne my tema!

(Ek sukkel nou om die teks te kry dat dit nie aan die foto vasklou nie)

Hallo almal, noem my lazarus… nee, noem my maar weer net Pronk!

 

Ek is ook nou hier!

 

Hoe sit mens prentjies op en maak jy die besigheid mooi?

Genugtig, hulle laat nie tiffs toe nie, nou moet ek als wat ek wil plaas, eers oor save as ‘n jpeg…how cumbersome

 

Anyway, ek is op, whoop whoop!

Welcome to WordPress.com! This is your very first post. Click the Edit link to modify or delete it, or start a new post. If you like, use this post to tell readers why you started this blog and what you plan to do with it.

Happy blogging!